Julian Bogner, van die Hoërskool Waterkoof, het vanaf 12 tot 16 Julie 2017 aan die Wêreld Jeugkampioenskappe in Kenia deelgeneem. Hy het in sy 110 meter-hekkies uitdun, met ’n tyd van 14,12 sekondes, derde geëindig en maklik tot in die semi-finaal gevorder. Hy kon met sy vinniger tyd van 14,10 in die semi-finaal, nie na die finaal deurdring nie. Julian se hekkiesafrigter is mnr. Duan Viljoen.

Julian het uitstekend in die verspringfinaal presteer. Sy afstand van 7,40meter het hom, tot voor sy laaste sprong, in die derde plek geplaas. Die atleet van Romenië het egter met sy laaste sprong 7,47 meter gespring, en vir Julian met 7 sentimeter gewen. Julian eindig vierde in die wêreld. Sy verspringafrigter is me. Carli Webber.

Baie geluk, Julian! Dit is ‘n puik prestasie en iets waarop jy met reg trots kan wees.

 

Foto heel bo: Julian Bogner