Die volgende skaakspelers van die Hoërskool Waterkloof het presteer:

Carla Bester was die wenner en Imarie Oberholzer tweede in die Suid-Afrikaanse Skoleskaakkampioenskap vir o.15-dogters wat in Durban gehou is..  Albei leerders kwalifiseer om aan die einde van Augustus aan die Afrika-skolekampioenskap, wat in Zimbabwe gehou word, deel te neem.

Luan Bekker het sy kategorie tydens die Suid-Afrikaanse-Opeskaakkampioenskap, gewen.

A’mika Goncalves Dias, Tinike Booysen, Elda Booysen, Elani Smith en Danie Marais het Suid-Afrika tydens Statebondspele in New Delhi, Indië, verteenwoordig.