Category: Other Activities

Bloues teen die Oues

Die jaarlikse Bloues teen die Oues-wedstryde, by Waterkloof Hoërskool,  was soos gewoonlik, ‘n reusesukses wat eweveel deur die spelers en toeskouers geniet is. Hiérdie jaar verloor die o.18 A-dogters 0 – 3 teen die Oues, terwyl die o.18 A-seuns die Bloues met ‘n oortuigende vyf doele teenoor drie wen. Baie dankie vir almal se deelname en ondersteuning.  Dit is met hiérdie aksies wat ons tradisie en trots bou!...

Read More

Dié Klofies ken die stappies!

Dylan en Monique Kotze, van die Hoërskool Waterkloof, se produksie het puik tydens die naweek se deelname aan “Dans in jou Taal”-opname gevaar. Hul choreografie van die produksie het weereens die gehoor en beoordelaars laat regopsit.  Klofie-dansers wat ook in hul produksie betrokke was,  is Luciano Parsons, Bianca Boardman, Kyla Jacobs en Luin Leo. Dylan en Monique se dansgroep word as episode-kampioene met dié produksie, asook met hul ander item, aangewys.  Hul dring deur na die finale rondte wat in die afsienbare toekoms op KykNet uitgesaai...

Read More

Klofie-Skaakspelers doen dit weer!

Die volgende skaakspelers van die Hoërskool Waterkloof het presteer: Carla Bester was die wenner en Imarie Oberholzer tweede in die Suid-Afrikaanse Skoleskaakkampioenskap vir o.15-dogters wat in Durban gehou is..  Albei leerders kwalifiseer om aan die einde van Augustus aan die Afrika-skolekampioenskap, wat in Zimbabwe gehou word, deel te neem. Luan Bekker het sy kategorie tydens die Suid-Afrikaanse-Opeskaakkampioenskap, gewen. A’mika Goncalves Dias, Tinike Booysen, Elda Booysen, Elani Smith en Danie Marais het Suid-Afrika tydens Statebondspele in New Delhi, Indië,...

Read More

Categories

Positive Quotes

You don’t get paid for the hour. You get paid for The value you bring the hour. Jim Rohn