Category: Athletics

Leerder van Waterkloof presteer bo eie beste prestasie

Julian Bogner, van die Hoërskool Waterkoof, het vanaf 12 tot 16 Julie 2017 aan die Wêreld Jeugkampioenskappe in Kenia deelgeneem. Hy het in sy 110 meter-hekkies uitdun, met ’n tyd van 14,12 sekondes, derde geëindig en maklik tot in die semi-finaal gevorder. Hy kon met sy vinniger tyd van 14,10 in die semi-finaal, nie na die finaal deurdring nie. Julian se hekkiesafrigter is mnr. Duan Viljoen. Julian het uitstekend in die verspringfinaal presteer. Sy afstand van 7,40meter het hom, tot voor sy laaste sprong, in die derde plek geplaas. Die atleet van Romenië het egter met sy laaste sprong...

Read More

Adam derde vinnigste in wêreld!

Hoërskool Waterkloof is waarlik trots op Adam Mayo wat vanaf 19 tot 23 Julie 2017 in die Bahamas aan die Statebond Jeugspele deelgeneem het. Met ’n tyd van 53,04 sekondes het Adam gemaklik tot die finaal in die 400m-hekkies deurgedring. In die finaal het Adam ’n skitterende wedloop gehardloop. Met ’n goed beplande wedloop, teken hy ’n tyd van 52,20 sekondes aan en verower hy die brons medalje. Hy is die enigste Suid- Afrikaner wat ’n medalje kon verower. Adam se afrigter is me. Bonnie Joyce. Baie geluk, Adam!  Ons hou jou prestasie in die toekoms dop! Foto heel...

Read More

Categories

Positive Quotes

You don’t get paid for the hour. You get paid for The value you bring the hour. Jim Rohn