Category: Schools

Bloues teen die Oues

Die jaarlikse Bloues teen die Oues-wedstryde, by Waterkloof Hoërskool,  was soos gewoonlik, ‘n reusesukses wat eweveel deur die spelers en toeskouers geniet is. Hiérdie jaar verloor die o.18 A-dogters 0 – 3 teen die Oues, terwyl die o.18 A-seuns die Bloues met ‘n oortuigende vyf doele teenoor drie wen. Baie dankie vir almal se deelname en ondersteuning.  Dit is met hiérdie aksies wat ons tradisie en trots bou!...

Read More

Klofies Tops by Expo

Die Klofies het die naweek van 19 Augustus 2017 baie goed by die Expo vir Jong Wetenskaplikes presteer. Vyftien Klofies het goue medaljes vir hul take verwerf: Edrich Engelbrecht, Christine Geertsema, Suzaan de Villiers, Wiehan Swanepoel, Arné de Beer, Wiehan Croukamp, Estian Vermaak, Tiana Brink, Trudie Botha, Kyla Jacobs, Carla Dippenaar, Lisa Grobblaar, Jana Dreeckmeier, Michael Dreeckmeier, Lize Venter, Louis Delport, Dylan Bailie, Jana van Niekerk, Christiaan Buman, Ilané du Plessis, Marcel Gouws en Ben Victor. Die leerders het tien silwer medaljes en vier brons medaljes verower.  Die Klofies het ook tien spesiale pryse gewen. Die volgende leerders is...

Read More

Bemarkers van Klofies Derde in Land

Vier matrikulante het aan die MPC (Monetary Policy Commitee schools challenge), wat deur die Reserwebank aangebied word, deelgeneem. Die leerders moes ‘n monetêre beleid opstel en verduidelik of hulle die repokoers sou verander of dieselfde hou. Die matrikulante het uitnemend presteer en het deurgedring as deel van die Top 7-finaliste aan die  landswye kompetisie. Die Top – finaliste het verder ‘n voorlegging oor hulle monetêre beleide aan ‘n paneel van beoordelaars, wat uit verskeie “Deputy Goveners” van die Reserwebank, bestaan het, gelewer. Hanlo Esterhuizen, Michaela Grobler, Milé Uys en Chris Kolver het ‘n derdeplek in die landswye kompetisie behaal. ...

Read More

Dié Klofies ken die stappies!

Dylan en Monique Kotze, van die Hoërskool Waterkloof, se produksie het puik tydens die naweek se deelname aan “Dans in jou Taal”-opname gevaar. Hul choreografie van die produksie het weereens die gehoor en beoordelaars laat regopsit.  Klofie-dansers wat ook in hul produksie betrokke was,  is Luciano Parsons, Bianca Boardman, Kyla Jacobs en Luin Leo. Dylan en Monique se dansgroep word as episode-kampioene met dié produksie, asook met hul ander item, aangewys.  Hul dring deur na die finale rondte wat in die afsienbare toekoms op KykNet uitgesaai...

Read More

Categories

Positive Quotes

You don’t get paid for the hour. You get paid for The value you bring the hour. Jim Rohn