Die jaarlikse Bloues teen die Oues-wedstryde, by Waterkloof Hoërskool,  was soos gewoonlik, ‘n reusesukses wat eweveel deur die spelers en toeskouers geniet is.

BLOUES OUES 2Hiérdie jaar verloor die o.18 A-dogters 0 – 3 teen die Oues, terwyl die o.18 A-seuns die Bloues met ‘n oortuigende vyf doele teenoor drie wen.

Baie dankie vir almal se deelname en ondersteuning.  Dit is met hiérdie aksies wat ons tradisie en trots bou!